Design a site like this with WordPress.com
Get started

Nuwe begin….

Hallo almal!

Ek weet, dis omtrent twee naweke terug wat ek laas iets geskyf het… “life goes on”. Maar nie te min. Maak nou nie saak hoe besig ek is nie, moes net vanaand bietjie skryf. ‘n Hele paar dae het verby gegaan en dit was net die normale dinge. Werk, kerk, skool en huis, maar die laaste twee weke het ek besluit geneem wat dalk my lewe kan verander. Maak nie saak hoe klein dit mag wees nie, die verandering gaan goed doen.

Ek is so opgewonde soos n kind wat vroeg oggend gaan loer in daai skoen of die muis wel die tand gevat het en ‘n muntstuk of twee gelos het in sy plek.. Wel dit was in my dae so. Vandag se kinders kry nie muntstukke nie. Nee nee. Hulle kry papier note. Nou ja, om terug te kom na my opgewonde storie toe. Jy sien, die storie is ‘n kombinasie van verskillende talente (kan mens maar sê) as ook verskillende drome wat ‘n rooikop dogtertjie baie lank terug gehad het. Van die drome was eintlik al vergete.

Image result for girl dreaming alone at night under stars
A change is as good as a holiday

Vir so lank as wat ek kon onthou wou ek boeke skryf. Gedagtes omskep in woorde en dit met ink op papier sit. Maar ek is nie gemaak om lang verhale te skryf nie. Nie vir my nie het ek uit eindelik besef. Kort verhale sal jy dan sê. Ja en nee. Die “complicated”. Dan is daar die ander droom. Die droom waar ek op ‘n verhoog is. Waar ek iemand anders se woorde op papier vat en dit myne maak deur om elke emosie wat hier binne my weg gelê is, te kan uiter. Vroeg in hoërskool het ek besef en die onderwysers ook dat ek uitstekend is daarin om voor ‘n klomp mense te praat. Om skirflesing en gebed te doen voor die hele skool was vir my ongelooflik lekker. Om my eie voorlegging te skryf van wie en wat ek is en hoekom moet ek as prefek gekies word in Standerd 10 was baie eenvoudig. Ek kon ‘n groep mense se aandag trek met net die regte woorde. Met net die regte stemtoon. Met net die regte tyd vir humor. Niemand kan n ander persoon dit leer nie volgens my opinie. Mens word gebore met dit.

So, jy wonder waaroor gaan die opgewondeheid dan? Ek het die briljante idee gekry om al hierdie aspekte bymekaar te sit en iets heeltemal nuuts aan te pak wat elke talent van my stimuleer en bevorder sonder om die ander een agter te laat. Hoekom het ek nog nie voorheen hier aan gedink nie? Hoekom nou eers? Nou dat ek in my dertigs is?? “Seriously”soos my dogtertjie sal sê. Dit klink effe “lame”. Nog n daaglikse sêding van haar. Maar tog dink ek hierdie is die perfekte tyd. Ek dink ek is meer volwasse om die omtrek van die nuwe uitdaging te verstaan.

Wat bring al hierdie dinge saam? En waaroor gaan ek dan so aan? Wel, ‘n nuwe wêreld het oop gegaan. Die oudio wêreld. Ek’s besig om ‘n nuwe besigheid te begin. Een waar my kliente nie ouer as vyf jaar dalk gaan wees nie. Een waar ek klein bloedjies se harte gaan laat bons.

Vir lank genoeg is ons besig om die visuele te voer. Daardie monster vat die lewe oor. Wanneer laas het ons kinders hul gedagtes laat gaan deur die woorde wat hulle hoor. Wanneer laas het ons daardie deel gestimuleer. Meer as dit kan ek nie nou uitlap nie. Maar soos tyd verby gaan sal ek almal meer insae gee hoe dit vorder en miskien vir raad ook vra.

Lekker aand en geniet die week wat voorlê

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: