
Die jaar begin met ‘n verjaarsdag! Wat? Ek’s al 37 jaar oud?? Hoe kan tyd so vinnig verby gaan? Veral omdat ek tog voel dat 2020 nie die jaar was waar baie drome waar geword het nie. Is dit net ek wat so voel? Ek dink nie dit was ‘n negatiewe uitkoms gewees nie. Inteendeel het ek 2020 gebruik om evaluasie te doen. Bietjie selfondersoek. Bietjie self “reflect”.

Ek het aangesluit by Audible einde 2020. Ek’s nie spyt nie. As mens voldag werk en na ‘n vol huis van mense elke aand na toe kom, jaaaa… dan is enige klankboek “app” in my oë ‘n goeie idee. Ja daar is nie baie Afrikaanse boeke om na te luister nie, maar daar is ‘n magdom Engelse boeke om enige negatiewe persoon se kop weer in die regte rigting te kry. Ek’s besig om na “Productivity Habits And Managing Procrastination” boek deur John Lead en Hannah Bullet te luister. Eenvoudige en duidelike verduidelikings rondom hoe om van slegte gewoontes ontslae te raak. Praktiese oplossings word bespreek en nie een van hulle is nie bereikbaar nie. Geniet die boek vreeslik. Sit my kop op die regte plek. Mens betaal ‘n maandelikse US$ fooi van 14-95 en jy kan enige van hul boeke aflaai van die “app” af op jou foon of rekenaar. Een boek per maand. Daar is bietjie duurder opsies om meer boeke per maand te kan koop. Of as jy ‘n ekstra geldjie in die bank het, kan ‘n mens enige van hul boeke direk koop met jou debiet/krediet kaart enige tyd. Dit werk nes Netflix se betalings. Gaan outomaties af by jou bank maandeliks. As jy jou subskripsie wil kanseleer dan doen jy so, maar jy kan al jou boeke reeds gekoop nogsteeds hou. Dit word nie weg gevat nie. Jou eerste maand na aansluiting, kry jy een boek gratis.

Dan bring dit my tot by my volgende punt: Radio Drama / Teater

Afrikaans word op soveel platvorms bloot gestel in vandag se tyd hier in Namibie. Boeke. Televisie. Maar wat van radio? Die “lockdown” tydperk in 2020 het my gedagtes laat loop, terug na die ou dae….. Dae toe gesinne in die sitkamer voor die draadloos gesit het en na klank draaiboeke gesit en luister het. Ek het op Afrikaanse radio drama kort verhale af gekom op RSG se “Archives” op die internet. Ek kan nie vir iemand in woorde beskryf hoe warem my hart geword het toe ek na hulle begin luister nie. Vat mens terug na die begin toe. Ons radio stasies het afrikaanse draaiboeke wat uitgesaai word, maar dit kom van Suid Afrika af. Ek weet nie van “Local” Afrikaanse produksie op hierdie platvorm nie. Daarom dat ek bietjie my hande wil begin vuil maak. Ek het geen nuwejaars voorneme nie, maar ek het besluit hierdie jaar sal ek dit anders doen. Wat vir my reg voel sal ek aanpak sonder enige twyfel en sonder huiwering. Vat dit net stap vir stap en dag vir dag. Ek bly gefokus op die taak op hande en nie die eind resultaat nie. Ek fokus nou op myself, my gesin, my skryfskool kurses waarmee ek huidiglik besig is en dan is my aandag geprikkel om te delf in hierdie radio teater aspek. Maak nie saak wat 2021 in hou nie, bly net op jou doelwitte en pad gefokus. Doen dit wat reg voel vir jou en luister na daai stemmetjie binne jou as iets nie reg is nie.

Ek het self die audio boeke oorweeg. Ek is heelwat ouer as jy en onthou steeds die aande om die radio saam met my gesin. Wonderlike tye. Dankie
LikeLiked by 1 person
https://iono.fm/e/694151
Hierdie is een van die kort verhale wat my hart warem gemaak het. 💕
LikeLike