There was once a swords crafter who was excellent in his work. The King wanted to meet him and summoned his guards to find this swords crafter that everyone was talking about. Finally!! The man stood in front of the King one day and the King asked him what did he do to become such an excellent swords crafter? What was his secret? Where the man replied, “From when I was very small, the art of sword crafting spoke to me. Not to my head, but to a much deeper level than anything else. From that day forward I devoted my whole life in sword crafting. I lived, breathed, ate and slept it. It touched me on a soulful level. I read plenty of books regarding it. I watched other masters performing this art. I studied it. If a thing didn’t relate to sword crafting then I wouldn’t spend time on it. That is the true secret to my mastery.”

Hierdie gelykenis spreek boekdele met ‘n mens. Wat ookal ons passies in die lewe is en wat ookal ons hartsnare laat roer, ons moet aandag aan dit gee. Dis waar ons ware “joy” lê, glo ek. Om konsekwent te bly in jou passies is die sleutel tot sukses. Dis makliker gesê as gedaan nè?
Familie is wonderlik! Maar soos ons almal weet, elke familielid se passies in die lewe is verskillend. Wat vir my my “swords crafter” is, is nie vir my sussies dieselfde nie. Of wat vir my man belangrik is, is nie altyd vir my belangrik nie. Daarom is dit belangrik om jou passies en aspirasies te deel met jou geliefdes sodat hulle weet wat om te doen en nie te doen om jou weg te vat en te hou van hierdie doelwitte nie. ‘n Mikrogolf mentaliteit sal nooit werk nie. Maar tyd en deursettings vermoë is wat nodig is. Met als wat saakmaak in die lewe.

Vir my, (en ek dink nie dis dieselfde vir almal nie) is dit so maklik om met ‘n nuwe projek te begin. Om’ n doelwit voor oë te kry en dan om te begin werk daaraan is maklik, maar om dit klaar te maak of om aan te hou en aan te hou totdat ek sukses behaal het is waar ek maklik faal. Dis hoekom die kundiges sê om eerder klein stappies te vat en fokus te hou op daaglikse takies as om te bekommer oor die eind resultaat.
Dag vir dag en stap vir stap kan ons probeer om een projek klaar te maak.