Design a site like this with WordPress.com
Get started

Kersdag en die 6 ure marteling

Image may contain: one or more people, people standing, tree, sky, outdoor and nature

“Mamma!! (huil sussie van kompleet uitputting) Miskien moet ons, ons “steps retrace” om weer terug te kom by ons kamp. Ek probeer haar verduidelik dat ons nie verdwaal het nie. Ons is nog altyd op die dassiespoor, maar dat ons net bietjie langer vat om met die staproete klaar te maak. Want ons het nie besef dat toe die vrou by die gastehuis vir ons sê dat ons hoef nie te bekommer nie, dis net die laaste deel wat berg op en berg af is….. daai deel ‘n hele paar kilometer strek nie. Sy is besig om ‘n “panick attack” te kry, besef ek dadelik. Ek het die afgelope uur so op myself gekonsentreer om by te hou by die staproete en nie te dink aan die pyn op my “shins” en rug nie, dat ek vergeet het hier stap ‘n 7jarige kind saam met ons. Vinnig moes ek die situasie red, want as sy nie wil verder stap nie, beteken dit een van ons moet haar dra in hierdie hitte en dit sal nie werk nie. Almal is moeg. Almal is seer. Almal het ‘n halfuur laas die laaste druppel water gedrink. Die Afrika son bak ongenadiglik op ons. Ek staan ‘n oomblik stil en laat al die kinders rus. Ek kyk op na waar die son lê. Skat hom so 12:00, want hy lê mooi bo oor ons koppe. “Hoe het ons onself in hierdie situasie gekry?” Wonder ek opnuut…. “Mamma, is daar nog water?” “Mamma, hoe ver nog?” “Mamma, my voete is seer.”

Image may contain: sky, outdoor and nature

Ek onthou hoe asemhaling tegnieke gebruik word om ‘n mens rustig te maak. Ek vat haar twee arms en maak ‘n kruis met hulle op haar bors. “Haal nou diep asem in……stadig……daarsy……..nou weer uit deur die mond……mooi…….. kom ons doen dit nog ‘n paar keer.” Dit werk! Genadiglik dit werk. Sy kalmeer en sê sommer dadelik sy voel beter. Dan staan ons op en stap verder. “Waar’s Pappa, Mamma” vra Conrad. My man het die laaste amper 4kilometer vooruit geloop kamp toe om die kombi te gaan haal. Ons het uiteindelik op ‘n grondpaaitjie af gekom waar die kombi by sal kan uit kom. So toe besluit hy om eerder vooruit te loop. Wat ‘n held van ‘n man, dink ek by myself. Ek verduidelik vir hom wat Pappa gaan doen het, maar hulle is te moeg om die waardering te besef. Dan sien ek my oudste seun om die draai verskyn van waar hy en sy pa laaste vooruit geloop het om agter te bly met die blye boodskap. “Mamma, Pappa sê ons moet almal net hier wag. Hy sal die kombi tot hier bring. Almal val soos vrot sakke pattats neer van verligting. Ek kry ‘n bossie wat bietjie koelte kan verskaf en gaan sit onder hom. Ek sweet nie eens meer nie. Ek’s te ontwater. My hande is so geswel dat ek nie my ring kan afhaal nie.

Halfuur later hoor ek in die verte iets…. iets soos ‘n dreuning…. nee, dis nie wolke wat so raas nie, want daar was geen wolke, dis die kombi se motor wat so pragtig klink. Wat ‘n mooi klank dink ek by myself. Hoe kan ‘n motor dan sooooo mooi klink?

Later toe moes ek hoor by my man hoe hy vir die eerste keer na ure weer kleur kon sien toe hy daai eerste sluk water vat by die gastehuis voordat hy die kombi gaan haal het. “My vrou, dit was of als weer helder geword het”. Hy het sleepvoet die laaste 3kilometer gestap en nie geweet of hy dit gaan maak nie. Ons klim in die kombi en die eerste ding wat ons soek is water. “Het Pappa water saam gebring? “, Sing ons soos ‘n koor saam. Elkeen vat monde vol van die soet water…. hoe kan water so soet proe? Hoe kan water soooo ongelooflik lekker proe? “Nooit weer sal ek water so min ag of onderskat nie”, dink ek by myself.

Ons kom terug huis toe die 27ste Desember en wat is die nuus wat ons hoor? Namibie begin reën kry. Die binneland kry die meeste reën wat ons in jare gesien het. En dit reën nogsteeds. Riviere loop wat in 19toet laas geloop het. Paaie spoel weg. Mense word vas gevang op plase en lodge’s deur magdom massas water wat hierdie boere in ons land vir bitter baie lank nie gesien het nie. En ons is dankbaar!!! Ons sê dankie tot die Hemelse Vader vir elke druppel. Ek kan nou met nuwe waardering en bewondering die water waardeer. Vir elke boer wat die droogte vir jare moes trotseer. Vir elke dier wat moes oorleef sonder water. Vir elke stofwolk wat ons land oortrek het…. Ons kan weer die wêreld met nuwe oê sien. Die kleur van die aarde is terug. Dis weer groen waar ookal ons kyk. Ons voel eintlik hoe die lewe terug kruip op hierdie stukkie Namibiese aarde. Alles te danke aan water!

2 thoughts on “Kersdag en die 6 ure marteling

Leave a Reply to Jeanette Schreuder Cancel reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: