Design a site like this with WordPress.com
Get started

Om te projek”tor” of nie

“My vrou, kyk hier. Hier is die projektor waarvan ek gepraat het. Kyk, die een is nie so duur nie.” Ek kyk, maar kyk ook nie. My brein is op ‘n ander golflengte as die konsep van ‘n projektor projek in ons leefarea. Dan stap ons verder die winkelsentrum se gang af. Die volgende keer wat ons by dieselfde winkel kom, word ek weer met baie geduld gewys na dieselfde projektor. “Sien hier is nog net twee oor.” Ek kyk, maar ek kyk ook nie. “Ek sien sê ek.” En niks word verder gesê nie en net aan beweeg. So gaan dit aan vir meer as ‘n maand totdat ek die skimp begin vang na die hoeveelste keer se “koop met die oë”. Nou kyk ek vir die eerste keer werklik na dit en neem werklik in wat hy wys. By diè tyd moet ek al geleer het hoe my man se manier van dinge doen behels….. Ek begin die prentjie in my kop bymekaar sit. Die gedagte wil nog nie lekker pos vat nie. Dan gaan ek na my ou vriend toe wat so met baie geduld my altyd sal uithelp en Mnr. Google wys ‘n klompie prentjies van al die moontlikhede rondom tuisteaters. “Sjoe, dis nogals indrukwekkend,” dink ek by myself . Dan begin my brein die voordele en nadele oplys. Voordeel is, ek gaan nie duisende dollars spandeer op ‘n platskerm televisie nie. Die projektor is klein, so dit vat min spasie op en die skerm wat op die muur gegooi word is astronomies groot. Wie wil dan nou nie so fliek kyk nie? Nadeel is, die tyd wat “gemors” gaan word om Netflix te sit en kyk, want in ons huis maak ons ‘n poging daarvan om ‘n balans te handhaaf tussen tegnologie en die gesin. Dis ‘n konstante geveg. Weeksaande geen televisie nie. Net naweke. Soms is mens nie so suksesvol nie, maar ons probeer.

So? Begin ons ‘n projek”tor” wat dalk alle ander projekte in die voet gaan skiet? Of moet ek maar verder met een blinde oog rondloop? Moenie ‘n fout maak nie…. ons is juis lief vir fliek kyk. Ons jonger geslag geniet ‘n goeie fliek op ‘n Vrydag of Saterdag aand. Veral met inperking reëls rondom Covid-19 wat nog deel is van ons lewe elke dag, maar wat gaan ek prys gee?

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: