Design a site like this with WordPress.com
Get started

Radio vermaak wat smaak

En toe begin ek eksperimenteer…. Daar is soveel konsepte om na te kyk en op te konsentreer dat als van ver af baie oorweldigend lyk, maar toe ek eers begin toe kon ek nie ophou nie.

Eerstens moet ek n storielyn kry. Ek’t gesoek en ek vind niks op Mnr Google nie. Nie in dialoog formaat (downloadable) nie. So, ek vra almal se vernufte talente en hulp aan om vir my ‘n kort maar kragtige radio dialoog te skryf met so 2 of 3 karakters in. Dit kan uit jou eie pen kom of dit mag’ n vertaalde dialoog wees. (Onthou, ek eksperimenteer nog. Moenie verwag dat dit’ n meesterstuk moet uitdraai nie. Ek doen dit nog net as ‘n stokperdjie.) Sal dit deel as dit klaar is.

Dan is daar die stemkarakters. In ons familie is daar twee mense wat met graagte hierdie geleentheid sal wil aanpak. Die een is ek (natuurlik) en die ander een is my middel sussie se seun wat 7jaar oud is. Hy het sy tannie se talente gekry. 😁 Hy mag maar voor n hele skool staan en die konsert vir die Gr 1 ouers oop maak met n verwelkoming. Dit wat hy met sy stem kan doen kan nie geleer word nie. Nee! Hy is gebore met daardie talent. So, daar is solank 2 stemme wat gebruik kan word. Ongelukkig is almal nie so eiwerig om deel te neem nie. Al verduidelik ek dat dit nie video formaat is nie, maar net audio wil hulle nogsteeds nie. So ek soek nog na stemme. Dis interesant hoe mens se aandag inskop rondom sekere stemme wanneer mens besig is met so ‘n projek. Sekere stemme pas net as sekere karakters in jou kop.

Verder is dit daar die program wat gebruik word om alles bymekaar te sit. Die stemme en die byklanke. Tegnologie kan ‘n wonderlike ding wees, as jy die tyd en energie insit om te wil leer. En ek het. Nie spyt vir een oomblik nie. Ek weet genoeg om iets te begin produseer, maar mens leer elke dag al hoe meer hoe meer’ n mens daarmee te doene kry. Byklanke is iets wat vrylik op die internet beskikbaar is. Of as jy regtig oulik wil wees dan neem jy jou eie op. Maar met die massa byklanke alleenlik op youtube, het mens nie nodig om dit ook nog self te doen nie. Daar’s van voëltjies wat tjirp in die agtergrond tot ‘n knetterende vuur. Van’ n deur wat kruipend kraak tot ‘n eier wat oop gebreuk word in’ n kombuis.

Ek’s sooo opgewonde!!!!

Het toe als bymekaar gekry en ‘n 5min audio gemaak… Nie sleg verloop nie… Glad nid sleg verloop nie…. Ek kan dit heeldag sit en doen.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: