Design a site like this with WordPress.com
Get started

Feesseisoen

Dis nou maar eenmaal so, as die tyd van die jaar aan gebreek het is ‘n mens nie meer lus vir werk nie. Geen lus ook meer vir enige tipe drama nie. Ek soek my mense om my en bene in die lug langs n swembad of die see met n glasie in die hand. Klink dit darem nie nou hemels nie.

Met die jaar amper op sy rug besef ek ons mense is geneig om teenstrydig te wees met ons sêgoed. As ons by Desember maand gekom het dan vertel ons vir die hele wêreld dat die jaar net te lank was. Maar ter selfde tyd in ‘n heel ander gesprek fyv minute later praat ons van hoe die jaar verby gevlieg het. Dit was nou die dag Januarie gewees en kyk waar staan ons alweer. Lekker deur mekaar nê? Vir my voel dit elke jaar hardloop al hoe vinniger uit. Elke jaar snel met n vinniger spoed verby…en ek dink dit het te doen met die feit dat ons elke jaar ouer word. As kind het als n ewigheid gevat. Hoe ouer ek word, hoe vinniger loop tyd. Kom ‘n mens wel by Desember dan voel mens hoe moeg ons is en skielik was die jaar te lank gewees.

Nou ja, kerstyd is ‘n tyd vir familie. Maar in my lewe die afgelope twee of drie jaar was dit nie die geval nie. Familie is soos wat ek en my man geleer is, jou metgesel en kinders. Dis dit. Maar dis die tyd wat ek die ander so bietjie mis. En ek kan nie lieg nie. Ek hou daarvan as daar so baie mense saam in een huis kuier…. Hoekom dan nie?? Maar dis nie vir almal nie. Dis reg, familie is jou “partner in crime”en die kroos in die huis, maar ek het in n familie groot geword waar ‘n ouma en ‘n oupa daarop aan gedring het dat alle familie lede bymekaar moet kuier en moet saam die groot dae vier. Dis vir my net altyd ‘n twee stryd. Veral as manlief glad nie n familie mens is nie.

Dan voel ek weereens asof ek in die middel staan. Want my familie nes ek hou van tyd saam spandeer. So ek sit hier in die middel en moet net vure doodslaan om vrede te bewaar. Soos die een vrou vir my n tyd terug gesê het, “vrou jy is die kaas tussen die braaibroodjie en al job wat jy nog oor het is om te smelt”.

Maar nog elke jaar het ek die twee partye “happy” gehou. Moenie my vra hoe nie. Ek weet self nie. “but I came out victoriously”.

Dalk moet ek vir my ‘n kaartjie koop vir ‘n bootrit en gaan hou alleen vakansie. Sonder kind of kraai. Net ek en myself. Ha, dis nogals ‘n idee. 🙂

Wel, hoe ook al julle Desember maand gaan verloop, wees vielig en geniet die rustyd vir die wat so bevoorreg mag wees. Tot volgende jaar toe.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: